Sertifikate, medaljes, toekennings, pryse, bekers, grade en diplomas !

Dit is alles wat die tyd van die jaar uitgedeel word. Die skole en kleuterskole maak groot gedoentes daarvan en net die   ” genooides mag dit bywoon . Elke kind wat daar is- verdien om daar te wees – het baie hard gewerk en groot prestasies is behaal.

Vir ouers , familie .en grootouers is dit baie lekker om te weet jou liewe kind is ook daar- of dit nou vir akademie , kultuur of sport  of watookal is Foto’s word geneem – en jy fluister maar vir almal om jou ” die kind aard defnitief na my – en stoot jou bors nog verder uit !

My hart is net seer vir die outjies wat ook hulle beste gee, ook deelneem aan sport., ook hard leer – maar net nie goed genoeg is vir toekennings nie. Ek kan net dink hoe voel daardie kind- hy weet dit is die aand toekenningsaand- maar hy gaan nie daar wees nie

Die presteerders moet erkenning kry- ons het in ons familie soveel kinders wat presteer het op hulle gebied die jaar – en ek moet se- mens voel soms lus en basuin dit uit dat almal weet ( eintlik met Facebook weet almal dit in elk geval )

Ouers moet hulle kinders leer dat hulle ‘n wenner en baie spesiaal is- al kry hulle nooit openbare erkenning nie . Moet nooit jou kind vergelyk met sy boetie, sussie , nefie of niggie nie.

My Ma het Sondag vir my gese- al is ek effens disleksies en het soms probleme gehad in die skool- veral met naaldwerk oor ek links is !  – is sy so baie trots op my vir wat ek al gedoen het en nog gaan doen – ( op die oomblik paar lekker liefdadigheidsprojekte  )

Gelukkig is ek die oulikste Ouma- ek weet nie nie wie gaan daardie toekenning maak nie !

 

 

Wit Olifant tafel- wat ‘n lekker krap-grou-soek- snuffel plek !

En daar kry ek ‘n Mabe-ring met die mooiste mooi perel- wat ek al so lankal begeer ! Tussen ‘n klomp blink plastiekkrale le hy- glansend en blink, wag net vir my om hom op te raap . Almal skarrel en snuffel- gelukkig was ek eerste . Al wat ek moet gee- is n donasie- maar heeltemal begeesterd nou – wil eers nog soek. . By dieselfde tafel kry ek ook ‘n groot bottel pers reukwater- vat dit ook voor iemand dit gryp- sal pas in my badkamer .

Na heelwat soek- het ek nou ook ‘n klein ‘sidecutter, en nog ‘n handige klein tangetjie  ‘- myne het erens verlore geraak. Ook ‘n groot hamer- ag ja wat- vat hom ook maar- nou nou bly hy oor- en dit gaan darem vir ‘n goeie doel !

Heelwat boeke en Cd’s ( op daai oomblik skoon vergeet my Cd speler is nie so lekker )- soek en soek net- en jy vind heelwat handige goed. Kan nie glo mense gooi so baie bruikbare goed weg nie – en nou is ek tog so opgaarder…………

Potte en panne- ai tog- se nou net ek kry dit nodig – pak maar weer op my stapel goed- en dink by myself ek is tog so gelukkig vandag !Sit ook ‘n erde teepot by- en besluit die erd-af kolle is net karakter , alhoewek hy maar treurig lyk. Dalk kan ek ‘n blom in hom plant- of so iets

Die voelhokkie kom ook op die bondel- want ek onthou die blou en groen budjies wat ons as kinders gehad het- wil al lankal weer ene gekry het. Dalk moet ek sommer van die katsand ook vat- alhoewel ek nie meer ‘n kat het- kan ek dalk weer ene kry !

Trrrrrrrrrrrrrrrrrrr lui my wekker- en nou het ek nie eers ‘n mooi perel nie ! …………………………

 

 

 

Jy het sewe stokke, miskien agt maar min mense het nege !

Hiedie mooi woorde het ek eendag raakgelees- jy kry vir elke tien jaar van jou lewe ‘n stok- wat het jy met jou stokke gemaak wat reeds verby en weggegooi is – en wat wil jy maak met die wat oorbly ?

My eerste tien jaar was ek ‘n gelukkige kind in ‘n familie  wat vir mekaar omgegee het. Sewe dogters was ons- en toe uiteindelik ‘n Boetietjie  .Dis was die wonderwerk in die omgewing – en almal het van hom geweet . Ons het gespeel en baie maats in die omgewing gehad. Ons ouer susters het in die huis help werk- ek kon al op tien ‘n hele maaltyd kook ! Net die naaldwerk deel kon my Ma nie vir my leer nie ( onthou- ek is links )

Die tweede stok was my hoerskool tyd en net daarna  my jong en besige meisie lewe. Hoerskool was nie altyd vir my lekker nie- ek was maar stillerig en het nie altyd in die groep ingepas waar ek was nie. Hier het ek ook die hartseer van ” minder geld en armwees” ervaar.Later in mens se lewe maak dit nie meer saak nie- en dan besef jy jou opvoeding en goeie ouers maak op vir al die ander goed !My eerste “kerel was ook in my tweede stok- fase .’n Nuwe wereld het vir my oopgegaan en ek het eers laat in my hoerskoollewe ontwaak. Ek en sus Heleen het ‘n sorgvrye en besige lewe gehad- af en toe kerels gedeel- maar dit is ‘n storie vir ‘n ander dag . My beroepslewe het ook net na martiek begin- en my jare wat ek by Necsa gewerk het- was goeie jare

Trou en kinders kry was my derde stok -tyd. Ek was pas twintig toe ek getrou het- vir net vier en twintig jaar- en soos die trouformulier lui- ” tot die dood  julle skei “. Ons eerste kind is in die tyd dood met ‘n buisswangerskap- en ek glo nog altyd dit was my dogter. Dit was baie traumaties – en sal altyd wonder oor die baba Twee pragtige seuns is gebore in die tydperk . Ons het ook ons eerste ( en sover enigste ) huis gekoop en daar baie gelukkige jare gebly.

Seuntjie nommer drie is toe gebore ( vierde stok)- en ek sal altyd dankbaar wees vir my drie welgeskape en pragtige seuns . Ons het die seuns altyd probeer ondersteun met wat hulle ookal wou doen- en het party Saterdae by drie verskillende skole rugby gaan kyk . Beplanning, beplanning, beplanning !

Die vyfde stok deel was ‘n baie donker en slegte ene. My dierbare man is oorlede, ek het agtergebly met drie jong seuns wat eintlik ‘n Pa nodig gehad het. Gelukkig kon ons baie lag- soms maar met ‘n traan of twee. Dit was swaar- en is nog steeds moeilik- om alleen te wees, om alleen erens te gaan, te wonder wie gaan jou vleis braai by ‘n braaivleis, te weet jy moet alleen besluite neem- en nie seker te wees of dit die regte besluite was nie .

My sesde stok is weer ‘n nuwe fase in my lewe – die wonderlike ding van ” OUMA wees. Om ‘n Ouma te wees- is so ‘n groot voorreg en baie spesiaal. Ek het besluit my kleinkinders moet my onthou eendag en vir almal vertel hoe goeie Ouma ek was . Ek swem saam, kan bollemakiesie op die trampolien maak. , ons bak koekies saam , kan visvang en nog vele lekker dinge saam met hulle doen . My lewenspad is met blou geskryf- en het op die stadium drie mooiste, oulikste kleinseuns wat so spesiaal is. Baba nommer vier het so half en half al gewys – blou is blou !

Ek het nou stok sewe , en dalk nog nommer agt ook oor ! Nou wonder ek wat gaan ek daarmee doen ? My gesondheid is relatief goed, finansies nie altyd so rooskleurig, my oe begin katterakke vorm, maar met my humorsin skort daar gelukkig niks ! Ek het al met haaie gesnorkel., saam met dolfyne geswem- wat nog ? Valskerm- let wel- tandemspring- dit wil en gaan ek nog doen.

My wens vir myself is goeie gesondheid ( en dalk so handige wewenaar ? ) met die volgende twee of dalk drie stokke . Mag dit stokke wees wat moeitevry en maklik gegooi kan word !

5 X 4 = 20 plus 3 X 4= 12 en saam is dit 32 en dan is daar 4 blokke…………….

Saterdag 24 Oktober was dit my  seun Hansie en Tarien se troudag in die Gereformeerde Kerk Krokodilrivier  Dit was baie spesiaal en die Kerk bring kosbare herinnerings vir ons almal Op versoek van Ma Anne sit ons op ” ons plek- waar ons baie jare elke Sondag in ‘n ry gesit het ! Elke keer as in die  Kerk  pragtige kerk sit- gaan my oe onwillekeurig boontoe en ek begin die gaatjies in die blokke tel. My gedagtes begin dwaal…….

My familie wortels le baie diep in Soutpansdrift se wereld. My Pa Hansie Pretorius was 61 jaar deel van die gemeenskap en gemeente. Hy was baie jare diaken, ouderling,en soms voorsinger -in die tyd voor die orrel ingesit is. Hy is ook uit die Kerk begrawe . My Ma Ann was n voorslag in die kerkkombuis- ek dink almal het al van haar gehoor en weet hoe hard het sy gewerk  !

Ons 8 kinders is almal uit die Kerk gedoop, belydenis afgele en ons dogters het ook almal daar getrou .  Ons was ook almal in Pansdrif Laerskool- en daar het ons ouers ook al die jare hard gewerk ( let wel – ons is nie Petoorsies nie- maar wel Pretorius ! ) .

Al weer vergeet hoeveel gaatjies in die dak  ! Daar is 4 blokke in een groot blok- dan is daar 4 groot blokke in ‘n kruis vorm. Ek begin weer tel ……….5 X 4 = 20 plus 3 X 4 = 12 – totaal 32 in een blokkie- X 4 blokkies in een groot blok-gee 128 gaatjies in een groot blok. Daar is 4 blokke- 128 X 4= 512 . Uiteindelik na baie jare se tel- weet ek nou ook hoeveel blokkies is daar !

 

“Sy swyg ……….. “

Dit was die woorde wat langs my naam gestaan het in 1975 se ” Kwevoel “- Brits Hoerskool se kwartaallikse tydskriffie . Die blaadjie wat allerlei nuus van kinders en onderwysers, gesegdes, skinderstorietjies, grappies , fotos’s ens in gehad het. Ek dink hy het 10  sent gekos daardie tyd- en daar was heelwat te lese !

Almal wat wou,  kon inligting deurgee- en van die gewildste rubrieke was om  gesegdes aan iemand se naam te koppel- soms die hele klas se name met een of ander ” diep woorde ” geskryf daarby . Almal het gedink dit was baie snaaks- hoewel daar soms ook verkeerdelik gesegdes aan iemand se naam gekoppel is- soms met slegte gevolge

Vir jare lank het ek gewroeg en gewonder  oor die persoon wat besluit het om die woorde by my naam te skryf. Wonder of hy / sy weet watter emosionele skade ek gekry het, hoe ek in my dop gekruip het en nog minder gepraat het ? . Ek het gewonder of die redakteur van die blaadjie ooit besef het wat geskryf is  ? Ek het nie baie gepraat op skool nie- want hoekom moes ek ? As mens niks wil se nie- is dit nie nodig om iets te se nie . Ek was ‘n denker- nie noodwendig ‘n prater nie . Vir my was dit baie baie  vernederend- want daar is vir my gelag en ek is geterg- en dit net oor ek nie baie gepraat het en deelgeneem het aan gesprekke nie .

Vir almal wat my ken en weet- ek praat heeltemal genoeg met mense wat vir my omgee !

Vergewe en vergeet-( dalk nie vergeet- lyk dit nou vir my  ) dit het ek lankal- maar daar is ook ‘n gesegde wat lui : ” Moenie jou hand op papier sit- as jy nie verantwoordelikheid kan aanvaar vir dit wat jy se nie ”

 

 

 

Ek wonder net hoekom……………..

Dit is vandag vir my sommer net ‘n hoekom dag . Hoekom voel alles vir my of my lewe soos ‘n mallemeule net verbygaan , hoekom gebeur sulke aaklige goed soos diefstal en inbrake, hoekom lek krane , hoekom pyn mens se tand, en hoekom weet ek ook nie hoekom ek so voel nie !

Ek wonder vandag hoe sou my lewe gewees het as Braam nie voortydig oorlede is nie . Ek gebruik juis die woord ” voortydig- want hoe weet mens dit was die regte tyd ? My brein verstaan glad nie die hoekoms en die waaroms van die lewe nie ! Hoekom my man, hoekom die Pa van sy kinders, hoekom, hoekom, hoekom ?. My hart huil sommer vandag

Braam sou die heel beste Oupa in die wereld gewees het- en sou hierdie klomp seuntjies op die hande gedra het.

Dalk sou ek nie so weerloos en verlore gevoel het nie, dalk sou ek nie so bang vir die toekoms gewees het nie, dalk sou ek nou op ‘n lekker vakansie gewees het- of erens by’n lekker kampplek vir die naweek  met die karavaan !

” Ek weet nie hoekom daar so baie hoekom’s is wat nie antwoorde het nie ”

 

 

Doeke- lapdoeke, papierdoeke of spoegdoeke !

Vandag se Mammas weet nie hoe bevoorreg is hulle met babadoeke vir babas nie . Al wat hulle moet weet- is watter nommer, watter soort, hoeveel is in ‘n pak  en partykeer ook ‘n kleur – soos gold ! Elkeen sweer hoog en laag dat hulle presies weet watter doeke werk die beste !

In my kinders se grootword tyd was dit net ” Glodina Black Lable ” – dit was al lap-doek wat jy gekoop het. ‘n Sterri nappy-emmer in jou badkamer-en jy was reg vir die doekeding . Moenie die ” nappy-liners vergeet nie- elke doek het ene gekry wat jy dan weer kon was as dit net ‘n ” no 1 doek ” was. Papierdoeke was amper vierkantig met so effense nouerword deel in die middel, glad nie gebruikersvriendelik nie . Jy moes ook die regte soort plastiekbroekie koop om bo-oor die doek aan te trek- ander was jy en baba sopnat.

Vandag word lapdoeke amper nog net gebruik vir ” Spoegdoeke  ” Met n mooi borduurprentjie en n bypassende gekleurde randjie- ( verkieslik omgehekel )  dan is jy reg vir die  baba .

Doeke in my kinderjare was ook van lap- maar ek onthou hoe my Ma dit ” ingeseep ” het met boerseep wat jy gerasper het en dan die doeke so rukkie laat staan het  . Daar was ‘n wasklip buite met ‘n wasplankie- wat jy dan gebruik het om die doeke op te vryf en te skrop. Ek het menige kere my jonger susters en my boetie se doeke gewas- en dan spierwit op die draad gehang ! Ek hoop hulle waardeer dit  vandag – dit was harde werk.

Ek wonder net hoe die tantes met babadoeke gemaak met die Groot Trek ? Het sy die baardman af en toe gestop by ‘n rivier om eers doeke te was ?  Of het sy baie doeke gehad, wat ek nie kan dink nie !

Maar die ding wat ek die meeste oor wonder- is hoe die Israeliete met hulle babas in die woestyn gemaak het ? Boudjies met sand afgestof, het hulle dalk net sulke los jurkies gedra met geen doeke , ek weet nie !

Oor so 40-50 jaar- dan sal vandag se Mammas se ” Weet julle- in my tyd het ons sulke papierdoeke gehad ” ………

 

 

Previous Older Entries